• Login
  • Search Icon

Vleisbedryf soek interdik oor siektes

31 May 2011
Die Rooivleisbedryfsforum gaan voort met ’n hofinterdik om die staat te probeer verplig om die landsgrense beter te beskerm teen die uitbreking van siektes, soos bek-en-klouseer, sê mnr. Lardus van Zyl, nasionale voorsitter van die RPO. Hy het op Noordwes se RPO-kongres by Hartbeesfontein gesê ‘n besluit is geneem om nie die hofaansoek te be?indig nadat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye met padblokkades en beheer in die besmette bek-en-klouseergebied begin het nie. “As die bevel toegestaan word, wil ons die staat dwing om om te sien na die grensheining met Zimbabwe en die bufferstroke langs die Mosambiekse grens. Daar word al tien jaar lank daaroor gepraat en ondersoeke gedoen, maar niks gebeur nie.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vleisbedryf-soek-interdik-oor-siektes