• Login
  • Search Icon

Verdere stygings in brandstofpryse vir April

16 Mar 2011
Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds word verwag dat die petrolprys op 6 April 2011 met 49 sent per liter en die dieselprys met 61 sent per liter kan STYG. Di? verwagte stygings kan aan die stygings in belasting en die Padongelukfondsheffing, wat in April in werking tree, toegeskryf word en ook omdat die Sentrale Energiefonds se berekeninge tans ‘n onderverhaling in die brandstofpryse aandui. Die belasting op diesel gaan met 10 sent per liter styg terwyl die Padongelukfondsheffing met 8 sent per liter gaan styg. Dieselkorting Die dieselkorting waarvoor produsente vanaf April 2011 kwalifiseer, is gebaseer op die 80,0 c/liter padongelukfondsheffing en 40% van die belastingkomponent (155 c/liter) wat in totaal 142 c/liter beloop. Om voorsiening te maak vir die gedeelte wat nie op die plaas verbruik word nie, kwalifiseer produsente egter net vir 80% hiervan wat tans 113,6 c/liter beloop. Navrae: petru@grainsa.co.za Petru Fourie (landbou-ekonoom: Insette en Produksie, Graan SA) Graan SA

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/plaasaanvalle-verkragting-neem-toe