• Login
  • Search Icon

Ure van marteling, angs op VS-plaas

25 May 2011
’n Egpaar van die distrik en twee bouers op hul plaas het ure van marteling en angs deurgemaak toe hulle Maandagaand deur ’n groep mans in die plaashuis oorval is. Mev. Gerda Olivier (59) van die plaas Novo is onder meer met ’n strykyster aan haar bolyf en arms gebrand, maar is volgens ’n familielid nie ernstig beseer nie. Haar man, Mel (64), is deur die groep van vyf aanvallers aangerand voordat hy saam met twee bouers op hul plaas, mnre. Johan en Danie du Toit, vasgebind is. Die aanvallers het met drie gewere, ’n pistool, geld en die Du Toits se bakkie weggekom.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ure-van-marteling-angs-op-VS-plaas-20110524