• Login
  • Search Icon

Uitwykende boere 'goed vir Afrika'

05 May 2011
Dit is nie ’n bedreiging vir plaaslike kos-sekuriteit as Suid-Afrikaanse boere die land verlaat nie, het me. Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, Dinsdag gesê. “Dit sal eerder voedsel-sekuriteit in die kontinent verhoog,” het sy op ’n eendaagse konferensie oor kos-sekuriteit in Kaapstad gesê. Die konferensie is gehou deur die International Fund for Agricultural Development (IFAD). Joemat-Pettersson se opmerking was in verband met plaaslike boere wat die land verlaat in protes teen grondhervorming.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Uitwykende-boere-goed-vir-Afrika-20110503