• Login
  • Search Icon

Tydelike plaaswerkers se lot bekyk

23 Jun 2011
Die Departement van Arbeid behoort ’n veel groter rol in die landbousektor te speel, meen ’n regtegroep vir landbouwerkers. Die groep Vroue op Plase, wat in Kaapstad gebaseer is, dring daarop aan dat die Departement van Arbeid ’n groter rol in die landbousektor se arbeidsake speel. Hulp nodig Die groep reken groter betrokkenheid deur die departement sal help dat tydelike werkers beskerm word indien hulle by hul werkplek beserings opdoen. Di? reaksie kom nadat 30 plaaswerkers in ’n ongeluk naby Stellenbosch beseer is. In ’n soortgelyke voorval in die Vrystaat is 23 plaaswerkers ook onlangs beseer toe hulle naby Viljoenskroon in ’n ongeluk betrokke was.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/tydelike-plaaswerkers-se-lot-bekyk