• Login
  • Search Icon

Trekkerverkope styg in 2011

10 Jan 2012
Trekkerverkope het verlede jaar die hoogte ingeskiet toe 43% meer trekkers verkoop is as in 2010, aldus die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging (SAAMA). Luidens ’n verklaring het stroperverkope vir die jaar met 38% gestyg teenoor 2010. Altesaam 7 379 trekkers en 260 stropers is verlede jaar verkoop. In Desember verlede jaar het stroperverkope op 488 eenhede te staan gekom, wat 28% ho?r was as verkope in Desember 2010. Stroperverkope vir verlede maand was wel aansienlik laer met 4 eenhede wat verkoop is teenoor 14 eenhede in Desember 2010.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/trekkerverkope-styg-2011