• Login
  • Search Icon

Tolgelde gaan brood-, melkpryse opstoot

05 Apr 2011
Die voorgestelde tolgelde in Gauteng gaan ’n groot impak op armes hê, luidens ’n berig wat Dinsdag bekend gemaak is. “Hoewel die totale verbruikersprysinflasie-uitwerking slegs sowat 0,4% sal wees, sal die impak op armes baie groter wees aangesien die tolgelde oneweredige groot stygings in ’n aantal items sal hê wat deur die armste verbruikers verbruik word,” volgens die verslag wat deur mnr. Mike Sch?ssler, ekonoom by Economists.co.za, voorberei is. Die verslag het na spesifieke kostestygings in pryse van drie alledaagse items - ’n liter melk, ’n brood en ’n liter petrol - gekyk.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Tolgelde-gaan-armes-tref-20110405