• Login
  • Search Icon

Terugslag vir Pioneer Hi-Bred en Pannar

23 Aug 2011
’n Besluit van die Mededingingstribunaal het die moontlike samesmelting van die saadmaatskappye Pioneer Hi-Bred en Pannar ’n terugslag toegedien. Di? tribunaal het vir die eerste keer in sy geskiedenis van 12 jaar toegelaat dat nie-regeringsorganisasies (NRO’s) inmeng by die samesmelting van twee maatskappye. Verhoor sal volg Die tribunaal het ’n aansoek toegestaan deur Biowatch South Africa en die African Centre for Biosafety om in die voorgestelde samesmelting van die saadmaatskappye Pioneer Hi-Bred en Pannar in te gryp. Di? twee NRO’s het aansoek gedoen om die geleentheid te kry om hul standpunt oor die samesmelting te stel in ’n verhoor wat van 12 tot 30 September plaasvind.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/terugslag-vir-pioneer-hi-bred-en-pannar