• Login
  • Search Icon

Tegnologie help bestaansboere

14 Jul 2011
Justice Malanot vertel op die e-posforum van ’n enkelry-kunsmisstrooier wat hy op die Nampo-Oesdag by Bothaville raakgeloop het en wat dit vir bestaansboere in Angola kan beteken. Bestaansboere ‘‘Die handgedrewe kunsmisstrooier is ideaal vir bestaansboere en mense wat met die hand plant. Hy strooi in die ry en kan so 3 ha per dag doen. In di? re?nvalgebied van 1 500 mm plus in Angola is ons grootste probleem grondstowwe wat uitloog. "So n? twee tot drie jaar ontstaan fosfaattekorte en dan moet die bestaansboere aanskuif omdat die grond uitgewerk is. Angola se grootste probleem onder die arm kleinboere is verarmde grond wat ’n armoedesiklus tot gevolg het. ‘‘Die kunsmisstrooier kos so R1 500 en werk met ’n enkelwiel en enkelbakkie. Jy stoot hom, dan val die kunsmis in die ry.

http://www.landbou.com/bedrywe/meganisasie/planters/tegnologie-help-bestaansboere