• Login
  • Search Icon

Swart boere se behoeftes bespreek

26 May 2011
Die unieke behoeftes van swart boere was op die agenda tydens ’n transformasievergadering wat Agri SA se senior bestuur met di? boere by Agri SA se hoofkantoor in Centurion gehou het. Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê die vergadering kan die begin van ’n nuwe era in integrasie wees. Die Regering kritiseer Agri SA gereeld oor die feit dat daar nie swart boere in sy uitvoerende bestuur is nie. “Swart boere voel baie tuis by ons bedryfsorganisasies en is d??r goed verteenwoordig. Ongelukkig dink mense nie aan studiegroepe as hulle aan boere dink nie. Hulle dink dadelik aan boere-unies, waar die sake onder bespreking nie noodwendig by hulle aanklank vind nie.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/swart-boere-se-behoeftes-bespreek