• Login
  • Search Icon

Swak rand kan petrolprys laat klim

26 Sep 2011
Brandstofpryse kan in Oktober nog skerper styg as wat vroe?r verwag is weens die skerp daling in die rand-dollar-wisselkoers verlede week. Die departement van energie se jongste syfer van gemiddelde onderverhaling staan op 30c per liter vir petrol en diesel. ’n Week gelede was die gemiddelde sedert 2 September nog 22c vir petrol en 17c vir diesel. Verlede Donderdag was die onderverhaling 61c vir petrol en 70c vir diesel. Net ’n week gelede was die onderverhaling vir die dag nog 54c vir petrol en 60c vir diesel. Internasionale dieselpryse het dus binne ’n week met 10c per liter gestyg en petrolpryse met 7c.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Swak-rand-kan-petrolprys-laat-klim-20110925