• Login
  • Search Icon

Swak paaie ry garsprojek in die wiele, kla SAB

22 Mar 2011
Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) sê die swak toestand van sekondêre en grondpaaie word ’n al hoe groter uitdaging vir boere in Noordwes. Verteenwoordigers van SAB, die grootste brouery in Suid-Afrika, en verteenwoordigers van die departement van landelike ontwikkeling en provinsiale owerhede van Noordwes sal binnekort vergader om die probleem te bespreek. Die SAB gebruik veral opkomende boere in die Taung-gebied in Noordwes om gars aan sy bierbrouerye te lewer.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Swak-paaie-ry-garsprojek-in-die-wiele-kla-SAB-20110322