• Login
  • Search Icon

Staking lei tot groot tekort aan diesel

25 Jul 2011
Die staking in die brandstofsektor gaan vandeesweek waarskynlik voortduur nadat ’n loongeskil tussen die Nasionale Brandstofwerkgewersvereniging (NPEA) en vakbonde gister op ’n dooie punt uitgeloop het. Die beskadiging van die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Durban, asook Sasol se onvermo? om genoeg brandstof te produseer en voortslepende intimidasie by brandstofdepots, het nou tot grootskaalse dieseltekorte in die binneland gelei. Hoewel paniekverkope nou afgeplat het en ho?-oktaanpetrol weer vrylik beskikbaar is, is daar ’n groot tekort aan diesel en 93-oktaanbrandstof, sê mnr. Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA).

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Staking-lei-tot-groot-tekort-aan-diesel-20110723