• Login
  • Search Icon

Staking dalk slegte nuus vir landbou

11 Jul 2011
Die beoogde staking deur werkers in die petroleum- en chemiese sektore kan die landboubedryf en voedselsekerheid in Suid-Afrika benadeel, sê Graan SA. Mnr. Neels Ferreira, die voorsitter van die organisasie, sê hoewel hulle bekommerd is oor die invloed van so ’n staking op die oestyd, is hulle meer bekommerd oor die invloed op die totale waardeketting. “Suid-Afrika se vervoerstelsels is van so ’n aard dat die totale voedselwaardeketting tans byna geheel afhanklik is van padvervoer. "So, die staking kan ’n slegte invloed hê op boere wat tans nog mielies stroop, maar dit gaan ’n groter invloed hê op, byvoorbeeld, vars produkte wat na markte vervoer moet word,” sê Ferreira.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/staking-dalk-slegte-nuus-vir-landbou