• Login
  • Search Icon

Spoorlyn buite Heilbron lok diewe

15 Mar 2011
’n Spoorlyn buite die dorp wat reeds jare in onbruik is, is ’n teelaarde vir misdaad en boere in di? Noord-Vrystaatse gemeenskap wag in vrees op die volgende plaasaanval. ’n Spoorlyn van Dover na die Heilbron-silo’s lok glo daagliks misdadigers wat stukke spoorstawe steel. Boere vrees dat di? diewe enige tyd op plase kan toeslaan. Voorts vererger gebrekkige selfoonontvangs di? vrees deurdat die gebruik van ’n selfoon in ’n noodgeval niks gaan help nie. Een van di? boere, mnr. Herman van der Merwe (48) van die plaas Rietvlei, sê hy het reeds 14 waghonde op sy plaas. “Die spoorlyn is ’n groot aantrekkingskrag. Dit lok ‘groot’ misdadigers. Hulle kom in die dag en lê in die veld terwyl hulle jou dophou. Die diewe slaan dan snags op die spoorlyne toe.” ’n Spoorlyn van 5km lank loop langs sy plaas verby. Van der Merwe, wat namens ander Heilbronse boere met Volksblad gepraat het, sê weens die spoorlyndiewe ly boere ook groot veeverliese.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Spoorlyn-buite-Heilbron-lok-diewe-20110315