• Login
  • Search Icon

Sneeu veroorsaak krisis in Oos-Kaap

01 Aug 2011
Die onlangse yskoue weer het aanleiding gegee tot ’n dreigende ramp in die Oos-Kaapse landbou met honderde skape wat verkluim het. Swaar sneeuneerslae in die omgewing van Jamestown en Dordrecht het veroorsaak dat sommige boere tot 200 skape elk verloor het. Minimum-temperature was in die omgewing van -12 grade Celcius met slegs sowat 2 grade Celcius deur die dag, aldus Volksblad. Die meeste boere in die omgewing boer met Merino’s. Plaaspaaie is onbegaanbaar gemaak deur die sneeu en sommige boere was van die buitewêreld afgesny. ’n Sterk, yskoue wind het tot die koue bygedra en het die vee laat verkluim. Sommige diere het bloot toegesneeu in sneeuval wat gewissel het van 30cm tot selfs 2m diep.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sneeu-veroorsaak-krisis-oos-kaap