• Login
  • Search Icon

Sneeu laat talle bibber en beef

26 Jul 2011
Swaar re?n, koue en sneeu het weer oor die oostelike en suidelike helfte van die land voorgekom. Van die swaarste sneeuneerslae tot op hede het di? winter oor veral die Oos-Kaap, Lesotho, die Vrystaat en selfs KwaZulu-Natal voorgekom. Dit behoort vanaf 28 Julie op te klaar, maar temperature gaan tot in die eerste week van Augustus steeds laag bly. Baie warm en dro? toestande begin ernstige skade aan Amerika se somergraanoes veroorsaak. Die toestande vir mielies het vinnig verswak. Oor die langer termyn was daar die afgelope week ’n verandering aan byna alle indekse en aanduiders wat neig na ’n La Niña-herlewing oor veral die midsomer. Dit kan die kans op re?n in die midsomer weer verhoog.

http://www.landbou.com/weer/weervoorspelling/sneeu-laat-talle-bibber-en-beef