• Login
  • Search Icon

Skatting vir koringoes is optimisties

29 Sep 2011
Die jongste koringoes-skatting is met sowat 2% opwaarts aangepas en dit is ’n “baie optimistiese skatting”, sê Graan SA. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste skatting is die verwagte koringoes 1,903 miljoen ton, wat 2,19% ho?r is as die vorige skatting van 1,862 miljoen ton. Die verwagte opbrengs staan tans op 3,15 ton per hektaar, terwyl die verwagte produksie in die Wes-Kaap op 662 500 ton en in die Vrystaat op 585 000 ton geskat word. Die Noord-Kaap se verwagte produksie word op 273 000 ton geskat. Die oppervlakskatting vir die koringoes is met 2 000 ha afwaarts aangepas tot 604 700 ha.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/skatting-vir-koringoes-optimisties