• Login
  • Search Icon

Skaapvleispryse bly hoog

07 Sep 2011
Tensy jy ’n skaapboer in die Karoo is, sal ‘n skaaptjoppie op jou bord jou steeds ’n hele paar rand uit die sak uit jaag. Die rooivleisvleisbedryf het waarskynlik ’n groot deel van die invloed van die resessie afgeskud en skaapvleispryse is tans selfs ho?r as verlede jaar. Siektes en diefstal Volgens mnr. Gawie Delport, ’n boer van die distrik Caledon, is daar eenvoudig net nie genoeg vleis om in die aanvraag te voorsien nie – wat pryse hoog hou. Delport wys die vinger na siektes en skaapdiefstal as groot faktore vir die ho? pryse.

http://www.landbou.com/bedrywe/diere/skape/vleisskape/skaapvleispryse-bly-hoog