• Login
  • Search Icon

Skaal plaagdoders af

02 Jun 2011
Die natuur kan met groot welslae gebruik word om peste en plae onder beheer te kry. Vlermuise en tarentale kan groot nut vir die boer hê. Vlermuise Die oomblik wanneer die woord vlermuis genoem word, dink almal aan ’n vuil, bloedsuiende dier wat in ’n mens se hare nes maak. Hierdie mite het veroorsaak dat die vlermuis as ’n plaag gesien word en oral waar die vlermuis voorkom, wil die mens hom uitroei. Die waardevolle rol wat vlermuise in die natuur speel, is aan min mense bekend. Vlermuise is uitstekend vir die bestryding van insekte en vreet onder meer vlie?, besies, kakkerlakke en hulle hou veral van muskiete. Hulle vreet nie net insekte nie, maar speel ook ’n belangrike rol in die bestuiwing van bome, blomme en vetplante. Hulle versprei sade sodat plante in nuwe gebiede kan groei.

http://www.landbou.com/bedrywe/bedryfsake/bedryfsnuus/skaal-plaagdoders-af