• Login
  • Search Icon

Senwes-stryd ‘nie oor boere se belange’

01 Jun 2011
Die hofstryd van die private ekwiteitsgroep Treacle teen Senwes en sy beleggingsmaatskappy, Senwesbel, oor die geldigheid en eienaarskap van 8,3 miljoen aandele gaan daaroor om Senwesbel se aandeelhouding tot onder 35% te probeer afdruk. Adv. Chris Eloff, vir Senwesbel, het gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangevoer dat Treacle verklaar het dat hy alles wettiglik moontlik sal doen om Senwesbel se aandeelhouding tot onder 35% te kry. Omdat die statute bepaal dat dit nie laer as 35,1% mag daal nie, sal dit Senwesbel verplig om ’n aanbod aan ander aandeelhouers te doen om aandele teen die hoogste prys aan te koop. Senwesbel is aanvanklik gestig om boere se beheer oor Senwes te verseker.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/senwes-stryd-nie-oor-boere-se-belange