• Login
  • Search Icon

Sentrale streek se landbouers vereer

04 Oct 2011
SUID-AFRIKAANSE boere se produksie is van die beste in die wêreld omdat hulle boer met ’n ploeg in die een hand en die Bybel in die ander. S? het mnr. Johannes Fourie van Groblershoop, wat Vrydagaand as die Noord-Kaapse Boer van Jaar aangewys is, gesê. Fourie en ander landboukundiges is deur die Landbouskrywers in die sentrale streek vereer vir die goeie werk wat hulle in die bedryf doen. Dit is nie die enigste eerbewys wat Fourie se boerdery ontvang het nie. Sy vennoot mnr. Willem Block is as die sentrale streek se Nuwelingboer van die Jaar aangewys. Mnr. Charles Smith, voorsitter van die Landbouskrywers in die sentrale streek, sê Fourie en sy seun, Willem-Cobus, is suksesvolle kommersi?le boere wat wyn- en rosyntjiedruiwe (105 ha), pekanneute (30 ha) en lusern (30 ha) verbou, en ’n veeboerdery met skaap en bees (5000 ha) bedryf.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Sentrale-streek-se-landbouers-vereer-20111002