• Login
  • Search Icon

Sakkie van Zyl van Wolmaranstad is NW se beste jongboer

15 Apr 2014
Dirk Kok - Die 34-jarige Sakkie van Zyl, van die plaas Rietfontein Kingswood by Wolmaransstad, is as Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys.

Van Zyl, wat 'n landbougraad in veekunde en 'n meestersgraad in landbou-ekonomie albei met lof verwerf het, boer in vennootskap met sy pa, Fanie. Altesaam 80% van die boerdery bestaan uit droëland mielie- en sonneblomproduksie en die res is 'n veeboerdery met speenkalwers en voerkrale vir beeste en skape.

Van Zyl sê sy toekomsvisie is om verder volhoubaar en winsgewend te boer en sy werkers se omstandighede deurtentyd te verbeter.
Agri-Noordwes se hoofbestuurder, Boeta du Toit, sê van Zyl het uit drie puik finaliste as 'n waardige wenner uit die stryd getree.

Du Toit sê Van Zyl, wat ook baie betrokke is by georganiseerde landbou, kan dalk net Noordwes se eerste nasionale Jongboer van die Jaar word.

Die ander twee finaliste was Ryan Mathews, van Lichtenburg, en Werner van Tonder van Potchefstroom.