• Login
  • Search Icon

SA sukkel met verwerkte produkte

30 Aug 2011
Suid-Afrika se aandeel in verwerkte landbouprodukte in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het volgens die Verenigde Nasies binne drie jaar met 31% geval. In 2007 het Suid-Afrikaanse verwerkte produkte die streek oorheers met 72%. Die res van die SAOG was verantwoordelik vir 13% van produksie, die Europese Unie (EU) vir 9%, Brasili? vir 1% en die res van die wêreld vir 5%. Verlede jaar het di? syfers dramaties verander. Suid-Afrika se aandeel het tot het tot 41% gedaal, terwyl ander lidlande van die SAOG 22%, die EU 27%, Brasili? 6%, China 1% en die res van die wêreld 3% van verwerkte produkte verskaf het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sa-sukkel-met-verwerkte-produkte