• Login
  • Search Icon

SA skeerders is kampioene in Kiwiland

10 Oct 2011
Hoewel die Springbokke vanjaar met die Drienasie-rugbyreeks en die Wêreldbeker aan die agterspeen gesuig het, het die land se handskeerders daarvoor vergoed. Hulle het in Otago, Nieu-Seeland, met die handskeer-louere in die Drienasie-skeerkampioenskap weggeloop. Mnre. Zweliwile Hans en Mayinzeke Shweni het in di? Suid-eilandse dorpie die eerste plek verower, gevolg deur Nieu-Seeland en Australi? in die derde plek. Hans is reeds op drie geleenthede as die wêreld se kampioen-handskeerder bekroon. Hy sal volgende jaar in Maart die prestasie in Masterton, Nieu-Seeland, probeer herhaal wanneer die volgende skeerkampioenskap daar aangebied word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sa-skeerders-kampioene-kiwiland