• Login
  • Search Icon

SA se water kan reeds teen 2030 op wees

30 Mar 2011
Suid-Afrika se varswaterbronne sal teen 2030 uitgeput wees as krane nie n?? met verantwoordelikheid oopgedraai word nie. ’n Nuwe wateretiek vir Suid-Afrika is nodig. S? sê die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) in sy nuutste verslag, ’n WNNR-perspektief op water in Suid-Afrika – 2010. Luidens di? verslag sal Suid-Afrika oor 19 jaar nie genoeg vars water hê om in die behoeftes van sy mense te kan voorsien as daar nie nou drasties “anders” met die land se water omgegaan word nie. Dr. Peter Ashton, senior water-ekoloog van die WNNR, sê Suid-Afrika se water kan selfs vroe?r opraak as daar in die volgende paar jaar langdurige droogtes of meer dikwels voorvalle van ernstige besoedeling in die land plaasvind.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Suid-Afrika-se-water-kan-reeds-teen-2030-op-wees-20110330