• Login
  • Search Icon

SA dalk jare nie vry van bek-en-klouseer

28 Sep 2011
Suid-Afrika kan moontlik eers oor vier jaar sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry as sake nie binnekort verander nie, sê die Rooivleisbedryfsforum. Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs volgens hul berekeninge voorspel dat die verbod Suid-Afrika se totale veebedryf sowat R2 miljard per jaar kan laat inboet. Die tydperk word op vier jaar geskat, aangesien die formele proses van die Wêreldgesondheidsorganisasie – wat sowat twee jaar lank duur – eers in werking sal tree nadat die Staat klaar al die nodige stappe gedoen het. Een van die hoofredes waaraan die uitbreking glo toegeskryf kan word, is die verval van die land se grensdrade tussen Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sa-dalk-jare-nie-vry-van-bek-en-klouseer