• Login
  • Search Icon

Rentekoers bly onveranderd

22 Jul 2011
Die Reserwebank het die repokoers vanmiddag onveranderd op 5,5% gehou vanwe? die afwesigheid van verbruikersdruk in inflasie. Verbruikersprysinflasie (VPI) vir Junie het met 5% geklim op ’n jaargrondslag, maar kerninflasie – VPI sonder voedsel, nie-alkoholiese drankies, petrol en energie – het egter net met 3,5% op ’n jaargrondslag geklim. Die Reserwebank het by verskeie geleenthede in die verlede opgemerk dat die monetêrebeleidskomitee waaksaam is oor inflasie, maar eers koerse sal verhoog wanneer daar tekens is van meer algemene inflasie, omdat die meeste prysdruk tans van eksterne faktore af kom. VPI vir voedsel het in Junie met 7,1% geklim en di? vir petrol is 21,4% ho?r.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Rentekoers-bly-onveranderd-20110721