• Login
  • Search Icon

Rekordoes vir Kanola in Suid-Kaap

05 Dec 2011
Verreweg die grootste kanola-oes n?g is vanjaar in die Suid-Kaap behaal, wat opbergingsruimte onder druk geplaas het. Die groot kanola- en garsoeste stel ewe groot eise aan silo-eienaars vir opberging en die twee verwerkers wat die enigste kopers daarvan is. “Die oes is 45% groter as verlede jaar se oes en oortref ons vorige grootste oes van 44 000 ton met meer as 10 000 ton. Ons het tot dusver net meer as 56 000 ton ontvang en verwag dat die totale inname 57 000 tot 58 000 ton gaan wees,” sê Mnr. Kellie Becker, besturende direkteur van Soill (Southern Oil Ltd.) op Swellendam.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/rekordoes-vir-kanola-suid-kaap