• Login
  • Search Icon

Polisie vorder in stryd teen veediefstal

18 Oct 2011
Goeie samewerking tussen die polisie en die gemeenskap van Wakkerstroom het daartoe gelei dat misdaad daar die afgelope tyd ’n bloedneus toegedien is. Twee sindikate wat vermoedelik by vee- en kabeldiefstal betrokke is, is aangekeer. Tien mans, waaronder ’n sakeman, is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van nege beeste.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/polisie-vorder-stryd-teen-veediefstal