• Login
  • Search Icon

Plakkers op hul plase strem ook swart boere se werk

27 May 2011
Baie swart boere gaan ook gebuk onder druk wat plakkers op hul plase op hul hulpbronne en produksie plaas. Daarom het hulle op ’n vergadering wat Agri SA in Pretoria met beginnerboere gehou het, gevra dat di? organisasie met die regering praat oor die negatiewe gevolge wat verblyfregwetgewing op ’n plaas se produksie?kapasiteit het. Die vergadering is gelei deur mnr. Phinias Gumede, visepresident van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) en mnr. Livhu Ngwenkulu, Agri SA se tranformasiebestuurder. Die uitdagings vir beginnerboere, wat hoofsaaklik swart is, is op die vergadering bespreek. Mnr. Johannes M?ller, president van Agri SA, het op die vergadering gesê nie-rassigheid is ’n kernwaarde van Agri SA en di? organisasie bevorder landboubelange buite die partypolitieke omgewing omdat sy lede oor alle politieke, godsdienstige, kulturele en taalgroepe versprei is.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Plakkers-op-hul-plase-strem-ook-swart-boere-se-werk-20110526