• Login
  • Search Icon

Plaaswerktuig se brul fnuik rooftog

22 Jun 2011
Die brulgeluid van ’n plaaswerktuig wat op die lande aangeskakel word, het ’n groep van ses gewapende plaasaanvallers die skrik op die lyf gejaag en laat spaander. Twee plaaswerkers en twee vroue was toe reeds in hul huise op die plaas Du Preez Laer op die Bloudrifpad buite Virginia oorval en vasgebind. Die polisie se spoorsnyers van Theunissen en die K9-eenheid van Welkom was gister tot laat nog besig om spore in die omgewing van die plaas van mnr. Tienie Venter te volg. Mev. Maria Pudumo (30), huiswerker, kon daarin slaag om haar hande, wat met tou vasgebind was, los te woel voordat sy die twee mans en haar suster se hande ook losgemaak het. Die polisie is daarna ontbied.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaaswerktuig-se-brul-fnuik-rooftog-20110621