• Login
  • Search Icon

Plaasmoorde: ‘Spesiale span nodig’

02 Aug 2011
Verklaar plaasmoorde as ‘n spesiale kategorie-misdaad en stig ‘n spesiale ondersoekeenheid om dit te ondersoek, sê die TLU SA in ‘n verklaring. Dit is die reaksie van die TLU SA se voorsitter, mnr. Ben Marais, n? diegru-moord van ‘n boer op sy plaas in die Reitz-omgewing. Die boer se liggaam is in ‘n vlak graf op die plaas gevind, en sy vrou is sodanig aangerand dat sy gehospitaliseer moet word. Marais het weer ‘n beroep gedoen op die Regering om plaasmoorde ‘n spesiale kategorie-misdaad te verklaar en om ‘n spesiale ondersoekeenheid in die lewe te roep. Dit is ‘n kwade dag as misdadigers nou al probeer om van hulle bewyse ontslae te raak, meen hy.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/plaasmoorde-spesiale-span-nodig