• Login
  • Search Icon

Plaasaanvalle, verkragting neem toe

15 Mar 2011
Plaasaanvalle neem toe in KwaZulu-Natal, terwyl verkragting in landelike gebiede ook ’n styging getoon het. Mnr. Robin Barnsley, voorsitter van KwaNalu, sê 39 plaasaanvalle en 10 -moorde het verlede jaar in KwaZulu-Natal voorgekom, terwyl 36 aanvalle en 6 moorde in 2009 aangeteken is. “Sedert 2003 het ons syfers ’n stelselmatige daling aangedui, maar dit het van 2009 tot verlede jaar weer begin styg. Dit is totaal onaanvaarbaar, en dan moet ’n mens jouself afvra: As jy praat en baklei met die polisie dat hulle hul werk moet doen, hoekom vind misdade soos di? steeds plaas?” wil Barnsley weet. Volgens Barnsley kan veral die druk ekonomiese situasie wat die afgelope paar jaar ervaar is een van die oorsake van die toename wees, asook spanning rondom grondhervorming.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/plaasaanvalle-verkragting-neem-toe