• Login
  • Search Icon

Pasop vir advertensie-slenter

05 Sep 2011
Pasop vir ‘n sindikaat wat wat niksvermoedende lesers van etlike landboutydskrifte op groot skaal uit hul geld bedrieg het. Die Handelsmisdaad-Ondersoekeenheid van die SA Polisiediens (SAPD) is besig om ‘n sindikaat oop te vlek wat hiervoor verantwoordelik is. Di? verwikkeling volg nadat Landbouweekblad die afgelope tyd ten nouste met die SAPD saamgewerk het om die euwel hok te slaan. Die werkwyse was deurgaans dieselfde: ‘n Produk, bv. ‘n staalskuur, trekker, planter of enige plaasimplemente/benodighede, word in die tydskrifte se geklassifiseerde advertensie-afdeling geadverteer, foto’s daarvan word per selfoon aan ‘n belangstellende koper gestuur, met die versoek dat ‘n deposito in die verkoper se rekening inbetaal word, en die onderneming dat versending onmiddellik daarna gere?l sal word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/pasop-vir-advertensie-slenter