• Login
  • Search Icon

Overberg verloor ’n sterk leier

28 Nov 2011
Die Overberg-streek van die Wes-Kaap het ’n leier met ’n groot passie vir die landbou verloor met die heengaan van mnr. Rian Pheiffer , besturende direkteur van Overberg Agri. Pheiffer is in die ouderdom van 50 jaar n? ’n lang stryd met kanker oorlede. Mnr. Deon de Kock, voorsitter van Overberg Agri, sê die landbou in die Overberg sal nog lank kan baat vind by Rian se nalatenskap. “Die woorde ‘kan nie’ was nie deel van sy bestaan nie. Projekte is altyd tydig afgehandel en met die nodige integriteit en eerlikheid.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/overberg-verloor-n-sterk-leier