• Login
  • Search Icon

Opname wys NAMPO Oesdag is puik

03 May 2004
Sedert die eerste NAMPO Oesdag in 1967 het die omstandighede van die produsente en die insetverskaffers egter verander en dit het ook ?n verandering in die behoeftes en die verwagtinge van die besoekers aan die NAMPO Oesdag tot gevolg gehad. Hoewel die doelwit van die NAMPO Oesdag nooit verander het nie, was aanpassings tog nodig om suksesvol en relevant te bly. Om die relevansie van die NAMPO Oesdag in die veranderde omstandighede en behoeftes te bepaal, het die Oesdagkomitee verlede jaar besluit om ?n opname onder die besoekers te doen. Die opname moes die profiel en die behoeftes van die besoekers bepaal. Die resultate sou ook die Oesdagkomitee voorsien van belangrike inligting wat nodig is vir strategiese beplanning en die posisionering van die NAMPO Oesdag. Die opname moes onder andere die volgende bepaal: ? Die profiel van die besoekers. ? Is die damesprogram nog relevant en voldoen dit aan die behoeftes van die dames? ? Is die demonstrasies nog relevant en voldoen dit aan die behoeftes van die produsente? ? Waarom word die NAMPO Oesdag besoek? ? Wat dink besoekers van die NAMPO Oesdag en wat is hul verwagtinge? ? Waarvan hou besoekers en waarvan hou hulle nie? Vir doeleindes van strategiese beplanning moes ook bepaal word: ? Of die karakter en die inhoud van die NAMPO Oesdag moet verander en of die aanvanklike fokus steeds relevant is; ? Of nie-landbouverwante produkte of dienste meer klem moet kry of moet daar gehou word by die kernfokus van die NAMPO Oesdag, naamlik sake wat die boer na aan die hart l?, of moet dit ontwikkel in ?n algemene verbruikertentoonstelling of skou; en ? Of getalle nagestreef moet word ten opsigte van die aantal besoekers en uitstallers of moet die kwaliteit van uitstallers en die kernkli?nt, landbouprodusente, steeds die doelwit wees. Van die sowat 21 700 besoekers op Woensdag 14 Mei 2003 is 880 gevra om deel te neem aan die opname. Dit verteenwoordig sowat 4% van besoekers op di? betrokke dag. Die resultaat Oor die algemeen was die respondente se reaksies besonder positief. Die damesprogram het uitstekende terugvoering gekry en die respondente wat die praktiese werktuigdemonstrasies bygewoon het, het met groot lof van die demonstrasies gepraat. Volgens hulle is demonstrasies steeds relevant en behoort dit selfs uitgebrei te word. Belangriker egter is die feit dat die meerderheid besoekers die wens uitgespreek het dat die klem by die NAMPO Oesdag op boerdery moet bly en dat dit nie, soos die meeste ander skoue, in ?n vlooimark moet ontaard nie. Die algemene kommentaar kan saamgevat word in die woorde van ?n besoeker uit Belgi? wat di? opmerking gemaak het: ?Everything is well planned and well organised at NAMPO.? Besoekersprofiel Die tipiese besoeker aan die NAMPO Oesdag is Afrikaanssprekend, het ?n graad twaalf of ho?r kwalifikasie (heel waarskynlik landbouverwant), het die Oesdag al voorheen bygewoon en val in die ouderdomsgroep 21 tot 50 jaar. Die meeste besoekers woon in die Noordwes Provinsie, die Vrystaat en Gauteng en van di? wat boer, is meer as 80% graan- en beesboere. Damesprogram Reeds jare gelede al is besluit om ook voorsiening vir die dames te maak by die NAMPO Oesdag. Die damesprogram het oor die jare gegroei en maak vandag ?n belangrike deel van die Oesdag uit. Die Oesdagkomitee wou ook weet of die dames van vandag nog tevrede is met die aanbieding en die inhoud daarvan. Meer as die helfte van die dames wat die program bywoon, het aangedui dat hulle twee tot vier van die programme bywoon en die gewildste onderwerp blyk binnehuis-versiering te wees. Die dames voel ook dat die aanbied van ?n damesprogram nog steeds noodsaaklik is en die bywoningsgetalle van onder andere die modeparade in die Fanie Ferreira-saal, bewys die gewildheid van di? program. Demonstrasies Die NAMPO Oesdag het sy ontstaan te danke aan ?n groep boere wat gere?l het dat trekkers en implemente van verskillende vervaardigers op een perseel uitgestal en gedemonstreer word. Vandag nog word van uitstallers verwag om hul produkte te demonstreer. Besoekers is gevra of hulle nog steeds demonstrasies wil h? en of demonstrasies nog relevant is. Ongeveer 90% van die respondente meen demonstrasies voeg waarde by tot die NAMPO Oesdag, dat dit hul op hoogte hou van nuwe produkte, dat dit hulle help om aankoopbesluite te neem en dat demonstrasies steeds relevant is. Hoekom woon besoekers die NAMPO Oesdag by? Byna 90% van die respondente het aangedui dat hulle die Oesdag bywoon omdat hul nuwe produkte en tegnologie wil sien en inligting wil bekom. Van die besoekers wat boer, wil 75% die demonstrasies bywoon. Wat dink besoekers van die NAMPO Oesdag en wat is hul verwagtinge? Meer as 90% van die respondente meen die tipe uitstallers is uitstekend, dat die terrein puik en skoon is en dat die atmosfeer uniek en aangenaam is. Meer as 90% reken dat die standaard van die uitstallings goed is. Die oorwegende mening van respondente was ook dat die Oesdag moet konsentreer op landbou-aspekte en nie in ?n vlooimark moet ontaard nie en dat dinge elke jaar verbeter. Respondente vra vir meer boerepatente, aanwysborde buite die terrein, ?n dubbelpad aan weerskante van die terrein en vervoer op die terrein. Die oorwegende aanvraag is ook vir wegneemetes in stede van aansitetes. B esoekers verwag ook oor die algemeen om die nuutste tegnologie en produkte te sien en om relevante inligting wat verband hou met boerdery by die Oesdag te bekom. Waarvan hou besoekers die meeste ? Besoekers hou die meeste van die praktiese demonstrasies, die atmosfeer, die boerepatente, die lekker kos wat te koop aangebied word, die puik organisasie, die netheid van die terrein, die tipe persoon wat die Oesdag bywoon en die feit dat dit ?n landbouskou is. Waarvan hou besoekers die minste? Besoekers kla dat die terrein groot is en dat daar baie geloop moet word, dat daar te min sitplekke op die terrein is, dat die verkeer ?n probleem is, dat van die uitstallers gemors verkoop, dat daar te veel kinders op die terrein is en dat daar te min aanwysings is. Baie respondente het onder di? afdeling geantwoord dat alles reg is en ?n groot hoeveelheid het gevra dat daar gewaak moet word dat die Oesdag nie ook in ?n vlooimark ontaard nie. Gevolgtrekking Dit blyk uit die verslag dat die NAMPO Oesdag ?n uitstekende bemarkingsgeleentheid vir landbou-insetverskaffers is en dat dit aan produsente die geleentheid bied om inligting in te win en aankoopbesluite te neem. Die NAMPO Oesdag word ook gesien as uniek en suksesvol. Te oordeel aan die positiewe terugvoering behoort die NAMPO Oesdag sy wenresep te behou en uit te bou en te bly by sy kerndoelwit. Daar kan dus voortgegaan word om te fokus op die behoeftes van die landbouprodusent. Regdeur die opname blyk dit duidelik dat die lede van di? organisasie baie trots is op die NAMPO Oesdag en die oorwo? mening is dat die Oesdag ?n landbouskou moet bly. Die aard, die atmosfeer en die standaard van die Oesdag is ook vir die besoekers baie belangrik. Dit blyk ook dat die demonstrasies steeds ?n sentrale deel van die Oesdag vorm. Die pad vorentoe Reeds die afgelope aantal jare was die klem nie op getalle nie, maar eerder op die kernaspekte van die NAMPO Oesdag, naamlik produsente sowel as kwaliteit landbou en landbouverwante uitstallers. Die klagtes van die besoekers word reeds aangespreek en verlede jaar al is groot vordering gemaak met die verkeersituasie tydens die Oesdag. Die standaard van die nie-landbou-uitstallers word ook elke jaar verbeter en voorkeur word in die aansoekproses aan landbou-uitstallers gegee. Die kern van die Oesdag, naamlik landbou, sal deurentyd voorkeur geniet en verder uitgebou word. Johan Loxton, Adjunkhoofbestuurder: Kommersi?le Ondernemings, Graan SA