• Login
  • Search Icon

Nuwe wet kom om te onteien

06 Oct 2011
Die departement van openbare werke gaan ’n nuwe onteieningswetsontwerp in die parlement ter tafel lê wat die regering sal magtig om eiendom in openbare belang te ont?eien. Mnr. Mandla Mabuza, waarnemende direkteur-generaal, sê in die departement se verslag vir die 2010-’11-boekjaar omvangryke konsultasies met ’n verskeidenheid belangegroepe word beoog en dat die wetsontwerp teen Maart volgende jaar terug in die parlement sal wees. ’n Vorige onteieningswetsontwerp is in Augustus 2008 onttrek n? erge teenkanting van verskeie belangegroepe, waaronder kommersi?le banke, wat aangevoer het dit is ongrondwetlik.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-wet-kom-om-te-onteien-20111005