• Login
  • Search Icon

Nuwe geldbaas vir Land Bank

15 Jul 2011
Mnr. Lebogang Serithi, voormalige hoof van operasies en beleggings van die Land Bank, is as finansi?le hoof van die bank aangestel. Serithi neem mnr. Wolf Meyer se pos oor. Onder Serithi se leiding het die bank se skuldboek van R10,9 miljard gegroei tot R13,6 miljard. Sogenoemde “slegte skuld”, oftewel skuld wat nie betyds terugbetaal word nie, is ook onder Serithi se leiding ingeperk. Waar di? soort skuld in Maart 2009 sowat 23% van die skuldboek uitgemaak het, was dit in Maart vanjaar slegs 11% van alle skuld.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/nuwe-geldbaas-vir-land-bank