• Login
  • Search Icon

Niemand sal plase met pangas beset, paai Phosa

13 May 2011
Niemand sal toegelaat word om plase in Suid-Afrika met knopkieries of pangas te beset nie. S? het mnr. Mathews Phosa, sekretaris-generaal van die ANC, gister hier aan sake-leiers gesê. “Niemand sal toegelaat word om eie reg te gebruik met grond nie.” Phosa het gesê veiligheid op plase moet dringend aandag kry. “Die ANC wil nie hê wit of swart boere moet onveilig voel op hul plase of dat produksie negatief geraak word deur veiligheidsprobleme nie.” Hy het aan die sakelui in die Polokwane Royal-hotel gesê veiligheid op plase is nie net nou belangrik omdat dit verkiesingstyd is nie. Die regering se bystand aan nuweling-boere, asook hulp met samewerking in die landbou tussen wit en swart, kon beter gewees het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Niemand-sal-plase-met-pangas-beset-paai-Phosa-20110512