• Login
  • Search Icon

Nat oestyd vang werktuigbedryf onkant

27 Jun 2011
Die landbouwerktuigbedryf is so effens met die broek om die enkels gevang met vanjaar se uitsonderlike nat seisoen. Veel meer stropers sou waarskynlik met rusperbande toegerus gewees het indien die omboustelle goedkoper en geredeliker beskikbaar was. “Stropers wat met rusperbande toegerus is, is ideaal om in vanjaar se uiters nat toestande te gebruik. Dit is bitter jammer om te sê die bedryf is egter met die broek om die enkels gevang,” sê mnr. Gerhard Bezuidenhout, senior streekbestuurder en produkspesialis van die werktuigvervaardiger Claas.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/nat-oestyd-vang-werktuigbedryf-onkant