• Login
  • Search Icon

Mulder: Doha-mandaat moet bly

12 Sep 2011
'n Voorstel deur die Amerikaanse regering dat die Doha-ooreenkoms laat vaar moet word, is onaanvaarbaar, sê dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Di? ooreenkoms is in 2001 op 'n vergadering van die Wêreldhandelsorganisasie in Doha aanvaar. Hy woon tans saam met ministers van 18 ander voedseluitvoerlande die 36ste ministeri?le vergadering van die Cairns-groep in Saskatoon, Kanada, by. Suid-Afrika is die enigste Afrikaland wat deel vorm van die groep, en Mulder neem deel aan besprekings rakende die Doha-ooreenkoms.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mulder-doha-mandaat-moet-bly