• Login
  • Search Icon

Minister moet verduidelik oor grondeise

16 May 2011
Agri SA het duidelikheid by mnr. Gugile Nkwinti, die Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling, gevra oor die uitsprake rakende die heropening van grondeise. Luidens ’n verklaring is die organisasie bekommerd oor berigte waarvolgens die Ministerie di? stap aandui. “Daar was dikwels in die verlede oproepe vir die heropening van grondeise, maar die Regering het telkens daarteen besluit omdat so ’n re?ling onbekostigbaar en onbestuurbaar sal wees. Berigte dat dit weer oorweeg word, skep opnuut onsekerhede in die landbou, wat reeds ernstig deur die afgelope 17 jaar se voortslepende grondeiseproses geknou is,” aldus die organisasie. Die organisasie het Nkwinti gevra wat die Regering se standpunt oor die kwessie is en hoe dit aansluiting sal vind by die omvattende hersiening van grondbeleid en -wetgewing wat hy vroe?r aangekondig het. Agri SA se standpunt daaroor is ook aan Nkwinti oorgedra.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/minister-moet-verduidelik-oor-grondeise