• Login
  • Search Icon

Minder risiko, meer wins

24 Jun 2011
Te midde van uitdagings in die landbou het Senwes in die boekjaar tot einde April sy wins n? belasting met 4,8% tot R219 miljoen verhoog en ’n 20,7%-opbrengs op aandelekapitaal behaal. Om di? prestasie te behaal, moes Senwes sy sakemodel aanpas om risiko-afkerig te wees wanneer die sterk rand druk op marges plaas, sê die maatskappy. Die afdeling vir graanberging en marktoegang, Senwes Grainlink, is die vernaamste winsbydraer met ’n bydrae van 68% tot Senwes se bedryfsinkomste in die jaar.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Minder-risiko-meer-wins-20110624