• Login
  • Search Icon

Mieliehop-diens by Oesdag

29 Mar 2007
Die pendeldiens vir besoekers aan die Nampo-Oesdag wat deur die Mieliehoofstad-sakekamer gere?l word, het vanjaar 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Me. Hettienne von Abo, voorsitter van die kamer, s? dit staan nou bekend as die Mieliehop. Die kaartjies ? van R5 tot R40 ? word mielieblare, mieliepitte en mieliekoppe genoem. Dan kan ondernemings ook "mieliesakke vol mieliekoppe" vir hul korporatiewe pendelbehoeftes bekom. Op die bus is toegangskaartjies vir die dagbesoekers ook beskikbaar om toustaan by die Oesdag te vermy. Die oplaaipunte is by die NG Moedergemeente op Bothaville waar voertuie op die kerk se terrein gelaat kan word, en by die Mieliehoofstadforum se kantoor in die Denenkel-arkade in Presidentstraat. Busse vertrek daagliks elke halfuur vanaf 06:00 tot 18:00. DaimlerChrysler verskaf die voertuie, Engen die brandstof en Pannar die kaartjies. Die projek word saam met die Hokanong-taxivereniging aangepak. Spesiale roetes na byvoorbeeld die O.R. Tambo-lughawe kan bespreek word. Bel Me Von Abo, tel. 056 515 3549 of sel 083 439 1140. Artikel in Landbouweekblad http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Nuus/0,,1294-1295_2108123,00.html