• Login
  • Search Icon

Mielie-oes ver agter

12 Aug 2011
Net ’n bietjie meer 60% van Suid-Afrika se verwagte mielie-oes was teen einde Julie gelewer. Dit sluit ’n skrale 59% van die verwagte witmielie-oes en 65% van die verwagte geelmielie-oes in, toon die SA Graaninligtingsdiens se amptelike statistiek. Trae leweringstempo Saam met vroe? lewerings in die laaste twee maande van die vorige bemarkingsjaar was daar teen einde Julie nog net 6,676 miljoen ton (61,5%) van nasionale Oesskattingskomitee se verwagte 10,854 miljoen ton in die silo’s.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-oes-ver-agter