• Login
  • Search Icon

Mielie-kartelsaak voor tribunaal

26 May 2011
Die saak teen ’n witmielie-meulenaarskartel kom Donderdag (26 Mei) voor die Mededingingstribunaal wanneer een van die 17 respondente, Paramount Mills, sal vra dat die saak teen hom laat vaar word. Luidens ’n verklaring is die saak in Maart verlede jaar na die tribunaal verwys. Die Mededingingskommissie het die saak sedert 2007 ondersoek. Paramount Mills voer twee redes aan vir sy aansoek om die saak teen hom te laat vaar: Eerstens meen hy die klag is ongeldig aangesien die kommissie die saak glo aanhangig gemaak het drie jaar n? die knoeiery na bewering plaasgevind het, wat teenstrydig met die Mededingingswet is. Tweedens voer die meulenaar aan, in die lig van onlangse bevindinge wat die Mededingingsapp?lhof en die App?lhof teen die kommissie gemaak het, dat die klag teen hom nie behoorlik opgestel is nie. Hy ontken ook enige betrokkenheid by sulke aktiwiteite.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-kartelsaak-voor-tribunaal