• Login
  • Search Icon

Melkprys kan wêreldwyd daal

13 Jun 2011
Die prys van onverwerkte melk gaan oor die volgende ses maande na verwagting internasionaal daal. S? voorspel die Suid-Afrikaanse Melkverwerkers-organisasie (Sampro). Luidens die organisasie se jongste verslag oor sleutel-markaanduidings is dit duidelik dat die prys van onverwerkte melk sedert die begin van vanjaar sywaarts beweeg. Die organisasie sê die feit dat melkproduksie in die Suidelike Halfrond in die derde kwartaal van vanjaar sy piek gaan bereik, het ’n noemenswaardige invloed op die prys van melk. Verder waarsku die organisasie dat die prys ook beïnvloed kan word deur weers-, ekonomiese en politieke veranderlikes.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/melkprys-kan-w-reldwyd-daal