• Login
  • Search Icon

Malema loop deur onder grondeise

26 Jul 2011
Vier gemeenskappe van Limpopo het glo grondeise ingestel op ’n stuk grond wat mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gekoop het. Luidens ’n berig op News24.com het Malema in Junie verlede jaar R900 000 vir die plaas Palmietfontein in di? provinsie betaal. Die Ratanang-familietrust, waarvan hy glo die enigste begunstigde is, het glo afdeling 79 van die plaas gekoop. Mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder vir die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê die Ga-Mothapo-gemeenskap, die Ga-Mothapo Tradisionele Owerheid, die Maboi - en die Motokole-gemeenskap is die vier gemeenskappe wat die eise ingestel het. Volgens die berig het twee gemeenskappe tussen 26 Oktober 1995 en 20 Oktober 1998 twee verskillende eise vir die plaas van 3,5 ha naby die Silicon Smelters naby Polokwane ingestel.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/malema-loop-deur-onder-grondeise