• Login
  • Search Icon

LUR: Land Bank staan nie boere by

26 Jul 2011
Die Land Bank vervul nie sy mandaat om boere by te staan nie en di? situasie moet reggestel word. S? sê me. Nandi Mayathula-Khoza, die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in Gauteng. “Die bank is oorspronklik op die been gebring vir ontwikkelingsfinansiering en om boere by te staan, maar dit vervul nie tans sy funksies nie.” Mayathula-Khoza sê as deel van haar departement se mandaat om opkomende boere by te staan, is hulle saam met die nasionale Departement van Landbou in gesprek met die Land Bank om die saak op te los. Sy het die media Maandag (25 Julie 2011) in Johannesburg toegespreek.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/lur-land-bank-staan-nie-boere